RIVERSDAL NUUS - Woensdag 20 tot Vrydag 22 Desember
08:00 tot 18:00 - Kersmark by Paddavlei Kunsgoete & Koffiewinkel in Kerkstraat.
STILBAAI/JONGENSFONTEIN Vakansietyd - maar veral in Desember - is dit meestal ook geskenk koop tyd, hetsy dit vir 'n verjaarsdag of Kersfees is en baie mense spaar reeds gedurende die jaar hiervoor, hoewel ander 'n deel van hul vakansiebonus vir die doel gebruik. Want om geskenke en mooi goedjies te koop, is mos deel van die lekker van vakansie hou!
Hoewel Stilbaai oor 'n verskeidenheid geskenkwinkels vir dié doel beskik, hou dié kusdorp en ook Jongensfontein 'n hele paar markte deur die maand waar toeriste kan gaan rondsnuffel vir ietsie besonders.
Saterdag 2 Desember
- 08:00 tot 12:00 - Mini basaar by die AGS Lofdal (Oesterlaan 41);
- 09:00 tot 13:00 - Jagersbosch Buitekombuis by Die Waenhuis.
- Saterdag 9 tot Saterdag 23 Desember
- 09:00 tot 17:30 - Stilbaai Kersmark by die AGS-saal (Oesterlaan 41).
Donderdag 14 tot Saterdag 16 Desember
- Daagliks vanaf 08:30 tot 17:00 - Arts and Crafts Mark by die gemeenskapsaal.
- Vrydag 22 en Vrydag 23 Desember
- 08:00 - Blombos Mark; 2,5 km op Blombospad.
Vrydag 23 Desember
- 08:00 - Jongensfontein Kunsmark by Jongensfontein Strand.
Witsand
- Vanaf middel Desember by die Wolstoor.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'